Groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland

Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Nikolajewitsj en die van is Romanof.

Groothertog Konstantyn Nikolajewitsj

Geboortedatum (1827-09-21)21 September 1827,
Winterpaleis, Sint Petersburg, Russiese Ryk
Sterfdatum 25 Januarie 1892 (op 64),
Pawlofsk-paleis, Pawlofsk, Russiese Ryk
Gade Prinses Alexandra van Sakse-Altenburg
Kinders O.a. Olga, koningin van Griekeland
Vader Nikolaas I van Rusland
Moeder Charlotte van Pruise
Huis Holstein-Gottorp-Romanof

Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland (Russies: Константи́н Никола́евич Рома́нов; 21 September 1827 – 25 Januarie 1892) was die tweede oudste seun van tsaar Nikolaas I van Rusland en die oupagrootjie van prins Philip van die Verenigde Koninkryk.

Tydens die bewind van sy broer Aleksander II was Konstantyn admiraal van die Russiese vloot en het hy dit hervorm. Hy was ook ’n belangrike figuur in die bevryding van die lyfeienes. Hy was minder suksesvol as onderkoning van Pole en hy is teruggeroep na Rusland, waar hy aangeval is oor sy liberalisme.

Ná die sluipmoord op sy broer het Konstantyn in onguns verval. Die nuwe tsaar, Aleksander III, sy broerskind, was teen Konstantyn se liberale idees gekant en het hom geleidelik van al sy regeringsposisies ontneem. Sy aftrede is gekenmerk deur ’n persoonlike stryd en familieterugslae. Ná ’n beroerte het hy sy laaste jare as ’n invalide deurgebring. Sy dogter Olga het getrou met George I van Griekeland en hul seun prins Andrew was die pa van prins Philip en die oupa van prins Charles.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search